die CONRADIE familie

 van Suid-Afrika



the CONRADIE family

from South Africa



KOMMENTAAR

Die Conradies praat .....

oor Conradies!

REAKSIES OP DIE CONRADIE-WEBBLAD

(1)     Ek wil net vir jou sê dat ek jou blad geniet het, veral oor Karoopoort, siende dat my mense ook jare gelede uit die Koue Bokkeveld gekom het. Goed gedoen en ons hoop meer mense doen dit.
    Andre van Rensburg, Canberra, Australië

(2)    Dit was vir my wonderlik om deur die geslagregister te werk. My pa het ook daarna gekyk en is baie opgewonde daaroor.
Dankie vir jou harde werk om dit vir ons beskikbaar te stel.
    Jaco Conradie

(3)    Ek is baie bly om te sien dat iemand aktief die argiewe vir ons nasate bewaar.
    Marindi (geb. Conradie) Arthur-Worsop, New Zealand.

(4)    Ek het vannaand op die familie register van die Conradies afgekom en kon nie vinnig genoeg deur die register lees om te sien of my familie ook gelys is nie. (Ongelukkig was die name nie daar nie - maar Ezilde is besig om die hele legkaart van haar familie te voltooi, en kry baie genoegdoening daaruit. - Pieter)
    Ezilde Wessels (nee Conradie)

(5)    Ek is baie bly iemand het uitendelik die inisiatief geneem om dit op rekenaar te sit, en veral ook dat dit beskikbaar is vir almal wat trots is op hulle stamnaam.
    Wim Conradie - student, Stellenbosch

(6)    Ek sien vanoggend in Die Burger ook jou briefie aan die Conradies. Dit lyk my op die webwerf het heelwat uit die geskiedenis bygekom.  Welgedaan! Ek het al gewonder of daar 'n pakket op die mark is waar die goed hiërargies voorgestel kan word en dat 'n mens sal kan "drill down".  Dit sal nogal lekker wees.
    Piet J Conradie, Bellville

(7)    Baie dankie vir al jou inisiatiewe. Ek dink dit is wonderlik. Ek sal spoedig die webbladsy besoek, en indien nodig, vir jou bykomende inligting oor die Conradies wat ek ken stuur. Ek het nog altyd baie belang gestel in die Conradie geslagsregister, en het ook die 1978 uitgawe.
    Willie Conradie, Stellenbosch

(8)    What a suprise to see my familie on the internet. I realise that you appear to be geared up towards the Afrikaans side of the family tree, but there are a vast number of englis speaking Conradie's in South Africa too (I am on of them!). Maar moet nie bekommerd wees nie, my Afrikaans is redelik vlot, en geen probleme met Afrikaans nie. Dit is interessant dat die famielie wapen op jou Web Blad die selfde is wat my Oupa en Ouma het. Ek hoop dat meer oor my familie van jou gaan hoor.
    Derek Conradie, Johannesburg

(9)    Uitstekend, waardeer die harde werk. Ek sou graag dit gekoppel wil sien met "familie stamboom" sagteware wat dit maklik sou maak om familiebande op te spoor, en in diagramvorm bv uit te plot. Dit sal oulik wees as mens vinnig kan kyk of jy en iemand anders familie is. Ek het al bietjie met dit gespeel en is bereid om te help indien nodig. My pa is baie lief vir hierdie dinge, en het 'n paar datums wat verkeerd in die boek gepubliseer is, wat hy vir u sal aanstuur. Ek het die files op 'n disket gesit, en sal dit vir hom neem.
    Gert Jacobus Conradie, Wes-Kaap

(10)    'n Vriend van my het vir my ge-vonkpos van jou brief in Die Burger oor jou soeke na Conradies, en ek het toe op die Webwerf ingegaan.  Ek dink dis fantasties, en baie geluk, en groot dankie vir jou harde werk.
    Leo Conradie, Parys, Frankryk.

(11)    Ek het vandag 'n groot geluk getref om op jou webtuiste af te kom.  Ek het die hele Conradie stamboek uitgedruk vir my ma, en met angstigheid in my hart gesoek tot ek haar en haar broers en susters se name gekry het.  Was baie opgewonde.  Ek het ongelukkig nie iemand hier gehad om dit mee te deel nie.  Wie stel nou eintlik belang in jou voorvaders as jyself?
    Anne-Marie du Plessis, Wes-Kaap

(12)    Dankie vir die inligting.  Dit was 'n interessante verrassing.  Ek het vanaand so vinnig ingeloer by die werf.  Lyk lekker en ek sal by 'n ander geleentheid langer daar kuier.  Dit het iets aan my gedoen toe ek my voorlander se handtekening die eerste keer gesien het. 
    Herman Conradie, Pretoria.

(13)    Dankie vir die inligting. Mnr Bleibaum (sien Duitse Voorvaders), wat die belangrikste Conradie genealogiese navorsing in Hameln, Duitsland gedoen het, en ek, het 'n paar keer oor en weer gekuier. Ek sal die webbladsy besoek en kyk of die inligting daar korrek is(!)
   Andre Conradie

(14)    Ek is geweldig bly dat ek jou brief in die Volksblad raakgesien het. Ek moes dood eenvoudig reageer nadat ek 'n bietjie rondgekrap het in daardie UITERS INTERESSANTE webblad! Ek gaan nog baie daar rondkuier.  Ek was nog nooit een wat oorboord gegaan het oor familie en die klas van ding nie. Soos die uurglas egter aanloop besef 'n mens egter dat dit belangrik is om ook die wortels van die boom te ken en te bewaar. Ek was aangenaam verras om te sien dat my broer se oudste seun, Wim, reageer het op jou nuusblad.
    Pieter J. Conradie, Odendaalsrus

(15)    Iemand wat saam met my werk, het die naweek op die register afgekom, en die inligting vir my gebring. Ek was nogal verbaas om my naam op te spoor! Ek mag u dalk van meer inligting oor die Conradies van Hoopstad, Hertzogville, Boshof en Bloemhof kan voorsien. Ek sal egter eers 'n bietjie navorsing moet doen.
    Wicus Conradie

(16)    Ek is getroud met Alexander Floris Conradie, en is net so opgewonde oor die Conradie inligting wat ek raakgeloop het, as die res van die familie. My skoonpa verjaar vandag, en as geskenk vir hom, het ek al die inligting uitgedruk, 'n mooi voorblad ontwerp, en laat bind. Dit was natuurlik 'n groot verrassing vir hom! Kan jy asb my inligting, asook ons kinders by die stamregister voeg. (Groot was my verbasing toe ek sien dat die Conradies se stamvader ook Friederich was.  Ons jongste (noemnaam is Frederich) is vernoem na my pa, nl. George Frederick.)
    Adél Conradie

(17)    Dit was nou 'n aangename verrassing om die E-pos te ontvang! As gebore Conradie is my stamboom ook van groot waarde, en ek probeer ook om so ver moontlik familie geskiedenis en fotos te bewaar. Ek was nie bewus van die volledige opname wat bestaan nie, en is werklik verras dat daar soveel van my stamboom bekend is. Ek sal jou meer van die detail laat kry, soos jy opmerk -- die Internet en E-pos is darem 'n wonderlike ding. Was ek nie verras om ons familie wel daar te kry nie, met my naam sowaar opgeteken!!! Dit is nou heel gepas dat ek gewapen met die nuwe informasie, en die wete dat dit sentraal gedokumenteer word, die Kersfees, en met die draai van die millennium, ons familie geskiedenis kan uitrafel en agtermekaar kry.
    Danie Conradie, Oos-Londen.

(18)    It is great to have access to a Conradie web page - thanks for all the hard work. I will check your birth register to determine whether my side of the family appears or not. I will spread the web page address around my family.
    Martin Conradie, Natal.

(19)    Ek het gister, en vandag, so vinnig geloer na jou webwerf van die Conradie familie.  My ma is 'n nooi Conradie, en het so paar jaar gelede intensiewe navorsing oor die Conradie familie gedoen.  Sy het die Conradies 'n paar families voor dié wat Suid-Afrika toe gekom het teruggespoor.  Sy het 'n boek met die familie se geskiedenis, foto's, registers en stambome opgestel, en tussen haar tak van die familie versprei. Sy stel altyd baie belang in haar familie se genealogie --- Dan het ek net iets om op te merk in verband met die familieplase...  Nog 'n Conradie familieplaas wat nie genoem word nie is Mierkraal.  Dit is 'n plaas in Bredasdorp distrik, en is al meer as 100 jaar in die Conradie familie se besit. My ma se neef boer op die plaas.
    Lizanne Jooste

(20)    Baie verras om die knipsel uit die Burger en Beeld, op een dag, uit twee bronne te ontvang.  Die werf lyk uitstekend, en ek was bly om te sien dat die bygewerkte inligting, wat ek in 1997 op Buffelspoort ingedien het, reeds in die register verskyn. Ek dink die alfabetiese lys gaan meer as enigiets anders help om die register toeganklik te maak en mense sover te kry om dit by te werk. Baie geluk en baie dankie - ek is nuuskierig om oor Lady Ann te lees en die oupa wat onder die wa beland het. Sal vir jou bydraes stuur soos en wanneer beskikbaar.
    Kobus Conradie, Pretoria

(21)    Greeting from a Conradie who lives in Singapore!  My brother, Martin emailed me, and told me about your wonderful work updating the Conradie Geslagregister, and setting up the Website!  Well done, and congratulations on a good job well done. I have lived here for 9 years, and have the  'Conradie Geslagregister'  by H.N. Conradie here with me.  I am married to a Malaysian who is of Chinese parentage. For our children I feel their heritage as Conradie descendants is very important. So I am thrilled at what you are doing!  In Asia it is customary for women to keep their maiden names, and so the name Conradie lives on in Singapore in all my financial and business dealings here. I am the only Conradie living in Singapore!, If you, or any other Conradie's pass this way on holiday, please feel free to contact me.
    Deirdre Jeanne Conradie-Lew, Singapore.

(22)    Ek het toe ons Internet-adres besoek , en wat 'n lekker ondervinding!
    Johan Conradie

(23)  Ek het die artikel oor die Marburgse Conradie geskiedenis gelees, en dink dit is uitstekend. Ek kan min fout of kritiek lewer. In 1987 was ek in Marburg: ongelukkig net vir 'n dag, en dit is 'n pragtige plek. 'n Mens ervaar 'n geweldige nostalgie en voel klein. Ek het die dag by die plaaslike owerheid 'n 2 uur of wat deurgebring waar 'n baie entoesiastiese Duitser (sy amp ontgaan my nou) my na die  universiteitsmuseum / genealogiese kantoor geneem het, en van die boeke gewys het. Hy het inderdaad die Cuntz/Conradie saak net so verduidelik in jou artikel, en dit was duidelik dat die naamwisseling net mooi posgevat in die tyd dat die oupa geleef het. Daarna het ek die plaaslike telefoonboek deurgegaan, en na 3 verskillende plaaslike Conradi's toe gestap, en kan jy glo, ek kon nie een tuis vind nie! My tyd was ongelukkig op, en ek moes weer die trein haal.
    Kobus Conradie

(24) Dit was nou 'n groot lekkerte om op jou werf te beland, en uiteindelik na soveel jare van wonder "van waar gehasi?"die geslagsregister te kon beskou.  (En later na vele aanvullende inligting): Baie dankie dat jy so baie moeite doen met 'n ander ou se familie! Dit is vir my 'n voorreg om te kan meewerk aan iets wat 'n mens vir die nageslag kan gee.
    Christo Conradie 

(25)  Dit is vir my iets besonders dat ons hele Conradie geslag al so verontdek is en ek wil graag die volgende byvoeg ten opsigte van dieonderstaande... Groete, Dawie Conradie

(26) Ek het op die familie register afgekom- wonderlik dis pragtig om so baie inligting oor ons familie te he! ..... Weereens dankie vir die wonderlike webblad!
Groete  Christiaan Conradie

(27)  My ma was 'n Conradie en ek stel belang in ons familie geskiedenis. Deur 'n neef van my het ek van die Conradie register geleer en dit gister beskou. Ek moet sê dit is 'n wonderlike dokument. Rob Eales (Australië)

(28)  Dit was 'n wonderlike verrassing om hierdie baie goed opgedateerde familie register - wat my familie betref - te kry. Ek was opsoek na iets totaal anders toe ek op dit afkom. Ek moet sê ek is rêrig nogal verbaas oor hoe goed dit op datum is. Waar kry oom al die inligting?  Ek is volgens die register c1d5e1f3g6h8i2j1k1. En wat ek wonder waar oom uitgevind het dat ek aan die Stellenbosch studeer? Dit is baie lekker gewees om bietjie daar deur te lees en te kyk waar ek rêrig vandaan kom. Alles van die beste. Manie Conradie

(29) Ek was baie verbaas om so 'n insiggewende webwerf oor die Conradies te kry op die internet. Dit blyk of jy en jou span baie moeite gedoen het. Ek wil jou komplimenteer, dit is puik! Ongelukkig kry ek nie my familie stamboom op die register nie. Nie my pa, oupa, oupa grootjie ens. nie. Ek glo dit sou 'n onbegonne taak wees om elke Conradie se besonderhede op te spoor en op die lys te plaas.Gelukkig leef my pa nog en hy het meeste van sy pa en oupa se besonderhede sowel as sy ooms, tannies ens sin. Hulle was oorspronklik van Klaasvoogds. My oupa het daar geboer en die hele familie is op die plaas begrawe.Ek sal graag wil vasstel hoe ek ook ons familie "been" kan opdateer. Sal jy my asb laat weet wat nodig is vir die aanvulling van ons geslag. Dankie vir jou moeite sover en weereens baie geluk, die webwerf is baie interressant. Johann Petrus Conradie

(30)  
First in Dutch, Hallo piet. Ik las op internet jou site. Ik vroeg me af of Conradie een echte Zuid Afrikaanse naam was. Ik ben namelijk benieuwd waar dit vandaan komt. Groeten Jurjen Conradie (English) Hello Piet, When I was surfing on the web I found your site about the Conradie "history" I was wondering if this is a real common South African name, this  because my name is also Conradie and I wondered where that is coming from. Sincerly yours Jurjen Conradie
Zwolle, The Netherlands

(31)  
My seuns het my gisteraand tot na middernag besig gehad met hulle vrae oor hulle stamboom. Ek sou graag ons besonderhede wou laat aanbring op die register maar weet nie waar om te begin nie.  Is daar dalk iewers 'n stamboom geteken waarna 'n mens kan kyk, die seuns sal dit soveel meer geniet? Groete Lindie Conradie (by die see) [Durban]

(32)
Eerstens wil ek baie geluk se met n briljante website,dit moes sekerlik lank gevat het om te skep. Ek is die oudste dogter van Witchious Van Zyl Conradie. Sy nommer op jou stamboom is (1394) c1d8e7f4g2h2ilj3. Hy was getroud met Loretta Pieterse van Worcester. Ons is twee kinders;
Lenitha Magdalena Conradie  06/04/1983
Witchious Van Zyl Conradie   26/09/1985
 Dit sal rerig wonderlik wees as jy my en my broer kan toevoeg tot die stam boom as trotse Conradie's.  Indien jy enige verdere inligting nodig het moenie huiwer om my te kontak nie. Byvoorbaat dankie. 
Lenitha Conradie

(33)
Ek het in 1999 met jou gekontak en informasie gestuur oor ons been in die familie.  c3d5e7f5g12 My vader:  Alexander Conradie  geb 14.7.22  het aan beweeg hemel toe op die 5 Feb 2002.  Die gat is maar nog groot wat hy agter gelaat het want soos alle Conradies, was hy 'n groot gees!  Net daarna het ons geimmigreer UK toe en woon tans net buite Newcastle Upon Tyne, NE UK.  My mammie het in Sept by ons kom aansluit.  Dit is heerlik hier in England en die Here is vir ons baie goed.  Baie dankie vir jou liefde met die familie register.  Ek het toe ek hier gearriveer het  'n kursus gedoen in familie register werk en dan besef jy eers hoeveel ure, dae en maande jy daaraan moes spandeer.  Ek kon darem my man se familie (wat van UK is ) terugspoor tot vroeg 1700.  Toe kom sy ouma uit Australia uit en hy besluit toe dis miskien nou tyd om te stop.  Maar ek het dit geweldig interessant gevind en dit kan nogal 'n voltydse gogga word.  Vriendelike familie groete Blanché Phillips (nee Conradie)

(34)
My naam is Francois Stephanus Venter en ek lees vanoggend oor my eie stamboom en soek na Francois Stephanus Venter in Suid Afrika. En toe kom ek op die Conradie Stamboom af. Nou ek is 'n Venter by van maar in hart en siel 'n Conradie want ek het op my ouma se plaas in Robertson, Die Heuwel , Klaasvoogds oos byna grootgeword. Ek is daar gebore. My ma was Catherine Elizabeth Conradie en Haar ma Magdeline Kriel. Ek sê op my ouma se plaas want my oupa is dood toe my ma 5 was en ek hom dus nie kon ken nie. Daar was geen seuns wat gelewe het van my ma se geslag nie en dus geeneen om die Conradie van voort te dra nie. My ma se jongste sussie leef nog en ek sal by haar meer kan uitvind. Ek sal graag wil weet waar die familie inpas en meer wil lees en weet. Ek sal bly wees as
jy na my terugkom. Vriendelike groete. Francois Venter

7 Junie 2012:
Beste Piet,

Dit is werklik 'n voorreg om so goed gedokumenteerde en volledige digitale familie erfnis op internet te hê. Ek het in 1995 toevallig in Stellenbosch se universiteitsbiblioteek 'n klein blou boekie gevind: Die Conradie familie in Suid-Afrika. Daarin het ek my oupa Pieter Conradie se naam gesien, en kon ek alles terugvolg tot by die stamvader. Deesdae is alles op internet en heeltemal up-to-date, almal wat die webtuiste sien hier in Nederland is jaloers. Dit is 'n voorbeeld vir ander genealogiese skrywers.

Onlangs (in Februarie 2012) was my ouers uit Stilbaai by ons op besoek in Nederland, en ons het die koue getrotseer om Marburg te gaan besoek.
'n Pragtige ervaring om te staan op die grond en tussen die mure waar jou direkte voorvader ook gestaan en gewerk het, soveel honderde jare terug.
Hier is 'n paar foto's (van die kerkie by Wehrda) wat ek graag wou deel.

Mooibly en groete daar,
Charl Conradie (c2d5e1f6g1h4i1j1k3)






Dec 2011: Page designed and created by Piet Conradie;