SAAMTREKKE
DIE ONTSTAAN VAN
DIE CONRADIE-FEESTE EN -REGISTER.
deur die opsteller H.L.N.
Conradie.
Toe my neef, dr.
David Gideon Conradie, omtrent 1907 van Dublin
teruggekeer het, het hy 'n sterk nasionale gevoel gehad. Hy was ten
gunste
daarvan dat Afrikaans verhef word tot skryftaal. Dit weet ek omdat hy
eendag
op Koelfontein se stoep my die koerant ... ek meen dit was "Ons Land"
gewys
het waar hy sekere uitdrukkinge onderstreep het, wat, volgens hom, nie
Nederlands was nie, maar 'n brousel van Nederlands en Afrikaans. Waarom
kan ons nie ons eie taal skryf nie? Hy het my binne 10 minute bekeer
tot
A.T.V. en toe ek in 1910 op Stellenbosch kom, het ek by die A.T.V.
aangesluit,
al was hulle 'n klein minderheid wat egter vinnig gegroei het. Neef
David
het 'n paar toneelstukke in Afrikaans vertaal bv. Piet Se Tante
(Charly's
Aunt).
Maar neef David was
ook bewus daarvan dat ons Conradies 'n familie
in eie reg is, en hy wou die Conradie-geslagsregister opstel. Ek het in
1907 op Ceres by my oupa se halfbroer "Oom Dik Piet" en Tant Miemie
loseer.
Hulle het 'n register in hul Bybel gehad van hulself en hul kinders en
ek moes dit vir neef David afskryf. Wat van die afskrif en die register
geword het, weet ek nie; want toe ek later met die register begin het,
was beide nie te vind nie. Jare het verbygegaan en ek het niks weer
gehoor
van die geslagregister nie.
ONS EERSTE
CONRADIE-FEES.
In die begin van 1931
was ek op ons familieplaas, Koelfontein,
Ceres en daar het ek gehoor dat dit in 1932 100 jaar sou wees dat Oupa
Danie die plaas gekoop het. Neef David wou hê dat ons dit
feestelik
vier. Hy was toe Administrateur van S.W.A. en kon nie self teenwoordig
wees nie en wou hê ek moes die leiding neem. Hy het dan ook
sommer
'n soort program opgetrek vir 'n eendaagse fees. Ek meen dit was by die
geleentheid dat hy vir my 'n afskrif gegee het van die Conradies uit de
Villiers se Geslagregister. Ek het onderneem om al my oupa se
afstammelinge
op te spoor en het die 406, plus aangetroudes, in 'n boekie laat druk
tot
beskikking van die feesgangers. Dit het eers die afstamming
van Oupa
van ons Duitse stamvader getoon en dan Oupa se afstammelinge.
Ek het 'n gedenkplaat
laat maak wat in die muur by die voordeur
ingemessel is met die destydse muntstukke, met 'n lys van al die
Conradie-familielede
wat die fees bygewoon het en 'n ander lys van al die besoekers wat
teenwoordig
was.
By die verrigtinge is
daarop gewys dat die plaas Nu Munster, naby
Wolseley, nog langer in die familie is en ook is versoek om daar ook 'n
fees te reël. Die eienaars van Nu Munster, wat ook Koelfontein
se
fees bygewoon het, het glad nie daarvoor kans gesien nie. Ek het later
besluit om al die Conradies bymekaar te roep en wel in Desember 1939 in
Die Strand, waar elkeen vir sy eie losies kon reël. Ons het
dit Die
Kwart Millenium-fees genoem, omdat ons gemeen het dat die stamvader in
1688 saam met die Hugenote aangekom het. Later het ons uitgevind, ek
meen
deur dr. Hoge, dat hy reeds in 1685 aan wal gestap het.
DIE TWEEDE CONRADIE-FEES
In Desember 1939 het
ons toe drie dae lank lekker saamgesels oor
ons groot manne soos administrateur J.H. Conradie van Kaapland, adm.
D.G.
Conradie en ook oor die beroemde vrou, dr. E1izabeth Conradie, wat een
van ons spreeksters sou wees, maar kort tevore in Amsterdam oorlede is.
Ons het komitees in die lewe geroep:
-
Die Werda-komitee
bestaande uit myself, Johan (later Speaker
van die Volksraad en regter van S.W.A.) en Frans (tans L.U.K.
Kaapstad).
Die eerste twee was Voorsitter en Sekretaris van die Fees.
-
'n Wapenkomitee
om uit te vind watter van die vier Conradie-wapens,
in omloop, ons stamvader s'n was. Ek onthou nie wie die lede was nie.
-
'n Fondskomitee
om die Conradie-fonds hier gestig te beheer.
Die lede was Johan en ds. Jac.
-
Ek is gevra om
voort te gaan met die geslagsregister.
Die volgende
Desembervakansie het ek en my seun Dolf (H.L.J.)
'n toer onderneem om kerkboeke na te gaan, op soek na Conradies nl. van
Luckhoff, waar ek skoolhoof was, oor Colesberg, Noupoort,
Graaff-Reinet,
Jansenvillel, Uitenhage, George, Riversdal, Heidelberg, Swellendam,
Ashton,
Montagu, Robertson, Tulbagh en Ceres. Die meeste werk is egter gedoen
met
korrespondensie.
DERDE
CONRADIE-SAAMTREK 1945.
In 1945 het ons drie
dae lank in die saal van die Sentraal Hoërskool,
Bloemfontein vergader en o.a. vertellings gehad van die eienaardige
maar
opregte Oom Jacob Conradie van Esterhuispoort, Richmond. Hier
kon
ek die geslagsregister al taamlik volledig behandel.
In 1954 het ek die
register met harde buiteband laat druk en gereed
gehad vir verspreiding by die
VIERDE
CONRADIE-SAAMTREK IN DES. 1956.
Hier in Die Strand
het ek weer die geslagregister uiteengesit
en die komitees moes verslag doen. Die wapenkomitee kon niks
verder
nie en later het ek self na Marburg, Duitsland geskryf en die antwoord
wat ek gekry het was: Daar is vier Conradie-wapens en as ek kan
sê
watter een my stamvader s'n is, kan hulle vir my een stuur, so nie kan
hulle vir my een opmaak. So is daar gesmokkel met wapens ook
aan
die Kaap. Regter Johan het, voor hy na S.W.A. gegaan het, die
Conradie-fonds
in die Kaapse Helpmekaar gestort.
In 1969 het ek die
hele geslagsregister oorgetik en heelwat aanvullinge
gemaak en in 1974 het ek die saak op groot skaal aangepak en hoop om in
my 86ste jaar dit heelwat meer op datum te bring.
Baie dankie
aan al die medewerkers. Ek bemaak my lewensproduk aan die
Conradie-nageslag
nl. aan die drie lede van die Werda-komitee wat nog in lewe is, nl.
Francois
Daniel L.V., Barend Jacobus (Ben in die Strand) en Ds. Frederik
Johannes
as eksekuteurs.
VYFDE
CONRADIE-SAAMTREK 1985.
Besonderhede volg
later in die openbare pers - veral in Die Huisgenoot.
CONRADIE-SAAMTREKKE:
'n Nuttige verslag in
boekvorm oor die werksaamhede van die gehoue
saamtrekke is nog by Ben Conradie teen R4. verkrygbaar. (Ben is reeds
oorlede
- Piet)